Teen die stormwinde in - ‘n Suksesvolle eksperiment in ‘n ‘Outobiografie’ na 300 jaar.

‘Teen die Stormwinde in’ is ‘n geskiedkundige roman oor die lewe van Gaele[2] die stamvader van die Van der Waltfamilie in Suid-Afrika, Dit is op versoek nagevors en geskrywe met die oog op die Van der Waltfamilie se 300-jarige eeufees-viering in 2027. Die sekretaris van die Van der Waltbond, Johan van der Walt, het ‘n versoek gerig om ‘n volledige verhaal van die stamvader weer te gee met die oog op hierdie historiese gebeurtenis. Die resultaat is ‘n publikasie van 362 bladsye met 1 617 voetnotas wat in Julie 2016 verskyn het.[4] in Maart 1757. Daar is ‘n waarskynlikheid dat hy aan die epidemie of die gevolge van die epidemie gesterf het. Die waar-skynlikheid word as sodanig versigtig in die ‘outobiografie’ as deel van sy verhaal aangebied. Tussen die vertrek van die Huis te Assenburg in 1727 en 1729 is daar nie historiese bronne wat die verhaal van Gaele Andriesz staaf nie. Die feit dat die skip sonder hom na die Ooste vertrek het, vra om ‘n logiese verklaring. Die immer-dreigende probleem van skeurbuik waarvoor die VOC-hospitaal met eenduisend beddens in die Kaap opgerig is, bied die moontlike verklaring dat hy skeurbuik opgedoen het en in die hospitaal opgeneem moes word. Hierdie moontlikheid word in verhaalvorm in hierdie ‘outobiografie’ verwerk en as sodanig aangebied.



Kerklike argiefmateriaal[6] bied interessante geskiedkundige agter-grondinligting[8] getuienis skets sekere agter-grondtaferele; kultuur-historiese bronne en museums[10] is nog 'n belangrike bron om persoonlikhede van lank gelede 'n werklikheid te laat word; die boek

 wordt het bericht voorgelezen en hoort u hoe de naam Geale wordt uitgesproken.

Mei freonlike groetnis/with kind regards, Hindrik Sijens

Postbus 54 8900 AB  Ljouwert 058 – 234 30 55 Brûke jo de de Fryske staveringshifker al? sjoch op
www.taalweb.frlThis email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it..



[3]‘Teen die Stormwinde in’ is beskikbaar by This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. of Posbus 484, Onrusrivier 7201.



[5]Doopregisters en huweliksregisters van die gemeentes Kaap, Stellenbosch, Drakenstein, Swartland en Tulbagh.



[7]Mededelings deur Sutherlanders.



[9]Die Kasteel in Kaapstad; Kleinplasie museum in Worcester.



[11]Venter, Hester: De Ondervindelijke Bekeeringsweg van de Zalige Vrouw, 1852.                                                                                                  


'outobiografie' ná byna 300 jaar moontlik maak. VOC-data[2] in Nederland moontlik gemaak word, byvoorbeeld onder andere 'n volledige passasierslys van die Huis te Assenburg wat in 1726 uit Nederland na die Kaap vertrek het; 'n lys van artikels wat in ruilhandel met die Khoikhoi gebruik is en die name van vryburgers met hulle woonplekke in die Kaap in 1755.

Al hierdie beskikbare materiaal maak dit moontlik om die lewe van Gaele Andriesz van der Walt en Johanna Weyers te konstrueer, die historiese pioniers en baanbrekers, wat hulle 'n paar eeue gelede in Afrika kom vestig het en die stamouers geword het van die duisende Van der Walt-nasate in Suid-Afrika. Hulle verhaal bevat heelwat aspekte van 'n Griekse of Franse tragedie wat homself op die Roggeveldse berg in Afrika uitspeel.

Die styl van ‘Teen die Stormwinde in’

Die verhaal van Gaele Andriesz word as ‘n ‘outobiografie’ aangebied en dus in die eerste persoon enkelvoud. Dit bring die skrywer baie nader aan die leser omdat die skryfwyse baie meer persoonlik is. Die gebruik van die ‘historiese praesens’ of teenwoordige tyd bring die gebeure van die 1700’s tot by die leser van 2017. Prof Hermann Giliomee, ‘n gesaghebbende historikus, maak die stelling dat dit die begin van ‘n nuwe genre in Afrikaans is.



In ‘n aanbieding in die Mozartium in Praag van ‘n moderne weergawe van ‘n opera van Mozart, word ‘n jongman en sy geliefde in ‘n ou Volkswagen kewer uitgebeeld waar hy ‘n liefdeslied vir sy geliefde sing. Skielik is daar ‘n oorverdowende slag en die jongman sterf in die motorongeluk. Wanneer die gordyn ooptrek in die volgende toneel is daar twee verhoë bo-op mekaar. Op die boonste verhoog staan die jong dame by die graf van haar geliefde terwyl sy ‘n blommetjie op sy graf met water uit ‘n gieter natmaak. Op die onderste verhoog lê haar geliefde in sy doodskis in sy graf reg onder haar. Iets van die twee verhoë word in ‘Teen die Stormwinde in’ gebruik. Op die boonste ‘verhoog’ word Gaele Andriesz se verhaal vanuit sy eie belewenis - die kern van die outobiografie - weergegee. In die onderste ‘verhoog’ waar onder andere die voetnotas voorkom, word inligting wat nie in 1750 bestaan het nie, weergegee soos WEG Louw, wat uit Sutherland se wêreld afkomstig is, se gedig oor die koue winter in die Roggeveld. Die kantaantekeninge en die bylaes is ook deel van die onderste ‘verhoog’.



Dit was ‘n louter vreugde om in die ontplooiing van Gaele Andriesz se merkwaardige verhaal die historiese gegewens onder andere in die argiewe in Kaapstad en in verskillende biblioteke te ontdek of te herontdek en die stamvader van byna 300 jaar gelede te volg op sy merkwaardige lewenspad. Die skrywer vertrou dat ‘Teen die Stormwinde in’ baie interessante fasette uit die 1700’s sal oopmaak en betekenisvol wees - nie slegs vir die Van der Walt-nasate nie, maar vir elkeen wie se voorsate met die lang seereis uit Europa na Suid-Afrika gevaar het.



Die skrywer het deurgaans gepoog om hom streng binne die historiese raamwerk te hou in die ontplooiing van die verhaal in Friesland, Texel, op see, in die Kaap, Vishoek, Olifantsriviervallei, Sandveld en op die Roggeveld.



1.    Feite

Die verhaal is basies op feite gebaseer soos die historiese gegewens van Gaele Andriesz se geboorteplek, die VOC se noukeurige aantekeninge in Den Haag se argief rondom die Huis te Assenburg; datums in die NG Kerkargief in die huweliksregister met sy huwelik met Johanna Weyers; die kinders se doopdatums in die doopregisters; Gaele Andriesz en Johanna Weyers se sterfdatum asook hulle testament en vendurolle in die Staatsargief van Kaapstad.



2.    Waarskynlikhede

By die bestudering en skrywe van ‘n historiese verhaal word daar ontdek dat sekere feite nie gedokumenteer en bewaar is nie. In so ‘n verhaal is daar egter ‘n deurlopende goue draad wat uit sekere logiese stappe bestaan. Een voorbeeld daarvan is die feit dat Gaele Andriesz in die Kaap agterbly terwyl sy skip na die Ooste vaar. Daar moet ‘n rede daarvoor wees. Die voor-die-handliggendste moontlikheid is dat hy soos baie matrose en soldate siek geword het op die seereis en in die 1 000-bed VOC-hospitaal opgeneem is en nie in staat was om die verdere reis mee te maak nie. So is pokke waarskynlik die oorsaak van sy dood in 1757 aangesien ‘n pokke-epidemie in 1755 aan die Kaap uitbreek. Moontlikhede

Die belangrikste datums op van Gaele Andriesz se seereis op die driemasseilskip van Texel na die Kaap gee die vaste punte van sy kronologie. Ander VOC-skeepsjoernale bied waardevolle aanvullende inligting wat dit moontlik maak om die seereis uit te ‘plot’ rondom moontlikhede. Verskeie Nederlandse publikasies beskryf die ontberings van seemanne in dieselfde tyd; die kos aan boord; sterftes aan boord; vryetydsbesteding; die spanningsvolle eise rondom die ewenaar asook die blye aankoms by Abrolhos naby die kus

[2]VOC-argief in Nederland; http://www.tanap.net/content/voc/archnl/archnl_intro.htm..



[3]
Gedurende 1755 het 987 Vryburgers en 492 slawe aan die Kaap aan pokke gesterf. Op die platteland was die siekte nie so erg nie, waarskynlik omdat die boere van die Kaap af weggebly het toe hulle van die pokke gehoor het. //archive.cnx.org/contents/d1d0a9a6-784c-4edc-ac59-a263095ca580@1/jenner-oorwin-pokke">http://archive.cnx.org/contents/d1d0a9a6-784c-4edc-ac59-a263095ca580@1/jenner-oorwin-pokke>



van Brasilië. Hierdie moontlikhede in ‘n verhaal verweef, bied ‘n betroubare en baie realistiese uitbeelding van ‘n jong Fries op sy eerste vaart na die Kaap.

‘n Ander aspek wat gevul is met moontlikhede is Thunberg se reise in die binneland van die Kaap in 1773 en 1774. Thunberg het onder andere by Uitkyk op die Roggeveld aangedoen. Gaele Andriesz het meermale per ossewa na die Kaap, Stellenbosch of Waveren (Tulbagh) gereis. Die reisbeskrywings uit die tydperk bied ‘n sterk moontlikheid dat GA ook van die roetes gebruik het oppad Kaap toe en terug.



4.    Fiksie

Fiksie rondom sekere historiese feite bied die geleentheid om deur middel van fiksie die verhaal met verantwoordelikheid in te kleur. Met Gaele Andriesz se aankoms aan die Kaap skryf hy ‘n gedig waarin sy dramatiese ervarings op see beskrywe word. Kort voor sy dood neem hy afskeid van sy kinders en sy vrou met ‘n toepaslike woordjie aan elkeen in digvorm. Johanna skrywe ‘n aandoenlike afskeidsgedig wanneer Gaele Andriesz sterf.



Hierdie publikasie word in verskillende vorms aangebied:



1.    Die eerste deel van die publikasie is slegs die 'outobiografie' van Geele Andriesz van der Walt asof sy lewensverhaal deur hom self ge-skrywe is.

2.    Die tweede deel van die publikasie is ‘Kantaantekeninge’ wat die agtergrondinlig-ting van plekke en persone met verduide-likings van die verhaal teen ‘n historiese agtergrond, bied.

3.    Die derde deel is die voetnotas aan die onderkant van elke bladsy as deurlopende gedokumenteerde inligting van die ‘outobio-grafie’ van Gaele Andriesz van der Walt.

4.    ‘n Digitale blad ‘Google Drive’ bied honderde foto’s en geskiedkundige materiaal aan wat dit vir die leser en gebruiker moontlik maak om hom/haar te vergewis van die historiese omstandighede waaronder Gaele Andriesz in die agtiende eeu op die seereis en daarna gelewe het. https://drive.google.com/drive/u/0/folders/0B4Zcl6weQqt9REktdkdScE9yT2s.Voorbeelde van die materiaal is foto’s van die VOC-skip se replika ‘Amsterdam’ (1750) in die stad Amsterdam; die verskillende maste, die dek, die matrooskwartiere, die kombuis wat met vuurstene uitgevoer is; foto’s van skilderye van die Kaap in die 1700; die kansel van die Stellenbosse kerk waar Gaele Andriesz van der Walt met Johanna Weyers getroud is, ‘n straatkaart van die Kaap in 1751; ‘n digitale kopie van die oorsponklike werkskontrak van Gaele Andriesz van 1735 en ‘n digitale kopie van die oorspronklike vendurol van Johanna Weyers van 1767 waarin elke deel van hulle boedel se veiling weergegee word. Die digitale blad skep ook die geleentheid vir die leser om na videos te kyk soos byvoorbeeld ‘n aantal storms op die baai van Biskaje en die Oubergpas teen die steil Roggeveldsberg. Die leser kan selfs luister en kyk na koor-uitvoerings van psalms van Nederland.



Die verhaal in ‘n neutedop

Wanneer Gaele Andriesz se verhaal na 300 jaar in oënskou geneem word, klink dit soos ‘n sprokie. Hy was ‘n eenvoudige, Friese pagboerseun wat sy vaderland verlaat het om as ‘n matroos op ‘n VOC-skip, die Huis te Assenburg,[2] en seil vanaf Texel, noord Nederland, om ná ‘n veeleisende seereis op 16 Maart 1727[4] Die reis aan boord word volledig uitgebeeld met onder andere ‘n verskriklike storm in die Baai van Biskaje. Die bomenslike eise van die lewe op ‘n VOC-skip in 1726 tot 1727 word in besonderhede uitgebeeld (‘n argivaris van die Staatsargief in Kaapstad maak die stelling dat dit die volledigste uitbeelding in ‘n Afrikaanse publikasie is). Die aankoms in die Kaap is ‘n groot mylpaal na al die ontberings op die reis. Gaele Andriesz skryf ‘n roerende afskeidsgedig wat sy ervarings op die Huis te Assenburg weergee. (Hoofstuk 3 – ‘Aan boord van die Huis te Assenburg na die suide’. Twee bylaes word weergegee: ‘Die lewe aan boord van ‘n VOC-skip’ en ‘Die Huis te Assenburg’.)

Toe sy skip egter sonder hom van die Kaap af verder seil moes hy, anders as wat hy beplan het, hom noodgedwonge in ‘n onbekende en ongetemde wêreld aan die Kaap vestig.

[2] JR Bruijn ea : Dutch Asiatic Shipping in the 17th and 18th centuries (1970) volume II p 392 – 393.



[4] Bronverwijzing: Nummer toegang: 1.04.02, inventarisnummer: 5867, folionummer: 108; http://www.gahetna.nl/collectie/index/nt00344/9f398adf-9edc-4231-97a3-ee35a3157d51/view/NT00344_opvarenden/sort_column/prs_achternaam/sort_type/asc/q/zoekterm/Huis%20te%20Assenburg/q/periode_van/1726/q/periode_tot/1727/q/comments/1.



[5]CM van der Walt, EJ van der Walt en TSP van der Walt: Die familie van der Walt in Suid-Afrika 1998 p7 – 9.

Gaele Andriesz en ‘n aantal VOC-matrose vestig hulself in Vishoek, in die VOC-poshuis, as die ‘oë’ en ‘ore’ van die VOC aan die Valsbaai se kus. Na ‘n verloop van tyd word hy die kwartiermeester met onder andere die verantwoordelikheid om met twee donkies vis aan te ry vir die goewerneur in die Kasteel aan die Kaap. (Hoofstuk 5 – Die kwartiermeester in Vishoek’.)

Gaele Andriesz hunker daarna om te boer en sodoende ‘n vryburger te word. Die Bo-Olifantsrivier bied aan hom die geleentheid om ‘n ‘knegboer’ of voorman op ‘n plaas te word. Hierdie periode is stormagtige jare met baie ontberings en terugslae op sy pad. Uiteindelik stabiliseer hy as knegboer op ‘Zeekoe Valleij’ naby die huidige Clanwilliam. Hy trou op Stellenbosch met sy 18-jarige bruid, Johanna Weyers. Hulle eerste twee kinders word op Zeekoe Valleij gebore. (Hoofstuk 6 – ‘Die Knegboer’ van die Olifantsriviervallei en die Sandveld, Die bruid van Stellenbosch en ons eerste kinders’ met twee bylaes ‘Die Geregtelike proses’ en ‘Afstammelinge van Catarina van Malabar’.)

Ná vele ontberinge vestig hy en sy gesin hulle uiteindelik op die plaas Uitkyk in die Roggeveldsberge – ‘n plaas wat hy uit die grond uit opbou met karige middele. Sy verhaal getuig van die hand van God wat beskik in die lewe van mense, families en geslagte. (Hoofstuk 7 – ‘Die pionier veeboer van die Roggeveld’ met agt bylaes: ‘Vendurol van Gaele Andriesz van der Walt’, ‘Inventaris van die boedel van Johanna Weyers’, ‘Vendurol Johanna Weyers’, ‘Hester Venter se boek en kunstenaarsvoorstellings’, ‘n Landmeter-skaart van Uitkyk’, ‘Slawerny aan die Kaap gedurende die agtiende eeu’, ‘’n Kronologie van die familie Van der Walt’ en ‘Die geskiedkundige tydlyn-agtergrond’.)

Sou Gaele Andriesz ooit kon dink dat hy, as immigrant met waarskynlik slegs ‘n paar riksdaalders in sy besit, hier ‘n nuwe lewe sou begin en uiteindelik die stamvader sou word van die Van der Walts, een van die grootste Afrikaner-families; dat twee van sy seuns, Tjaart en Johannes Petrus, as bekende veldkommandante’, ‘n besondere bydrae sou lewer in die vroeë geskiedenis van die Kaapkolonie; dat sy seuns as pioniers op die voorpunt van ‘n verdere trekbeweging na die binneland sou staan en dat ‘n agter-agterkleinseun, Stephanus Johannes Paulus Kruger, president van die latere Zuid-Afrikaanse Republiek sou word?

Gaele Andriesz van der Walt moes talle stormwinde in sy lewe - letterlik en figuurlik – trotseer en sy pad daardeur vind om te oorleef. Die reeks van teenspoede, uitdagings en stormwinde waarmee hy gekonfronteer word, is enorm. Telkens moes hy sy spreekwoordelike ‘seile’ ‘verander’ om die krag van die ‘stormwinde’ tot sy eie voordeel in te span.



Sy vertrek uit sy vaderland en uit sy ouerhuis, die onbekende in, om ‘n ekonomiese heenkome as matroos op ‘n VOC-skip na die Ooste te vind en die wyse waarop hy die gevaarlike en veeleisende seereis van ongeveer drie maande tegemoet gaan en oorleef, getuig van durf, dapperheid en deursettingsvermoë.



Sy reis na die Ooste eindig egter onverwags in die Kaap toe die Huis te Assenburg, sy skip, sonder hom verder vaar. Die feit dat hy sy skip verpas het, dui waarskynlik op ‘n probleem met sy gesondheid.[2]. Sy jare in die Sandveld was nie so erg stormagtig nie. In hierdie tydperk tree hy in die huwelik en sy eerste twee kinders word gebore. Sy pionierservarings op Uitkyk, op die 800-meter hoë ongetemde, ongenaakbare Roggeveldsberg waar hy, saam met sy groter wordende gesin, hulle plaas en ‘n veeboerdery begin opbou, ver van alle geriewe, is die laaste hoofstuk van sy lewensverhaal. Voeg daarby die onmenslike eise aan die gesin tydens hul ossewaritte na die Kaap en terug oor berge, deur son verskroeide klowe en oor onherbergsame warm Karoovlaktes. Uiteindelik, na ‘n periode van slegs elf jaar in die Roggeveld, kom sy veels te vroeë sterfbed en moet sy vrou en agt jong kinders van wie die jongste slegs ‘n paar weke oud is, van hom afskeid neem.



Die finansiële sukses van sy veeboerdery na 'n kort tydperk van elf jaar op Uitkyk, beïndruk in die lig van die waarde van hul gesamentlike boedel volgens die vendurol van 1767. Een van die artikels wat op hul vendusie opgeveil is, is die Staten-bijbel, die bybel wat Gaele Andriesz en sy gesin waarskynlik op Uitkyk gebruik het. Godlieb Lessing, wat later met Johanna, Gaele Andriesz se weduwee, getroud is en wat die groot verantwoordelikheid aanvaar vir die grootmaak van die agt Van der Walt-kinders, bie en koop die bybel. Die erns wat gemaak is met die doop van elkeen van hul kinders deur 'n wekelange ossewatog na die Kaap, Tulbagh of Stellenbosch en terug, getuig van 'n geestelike prioriteit in hulle lewe. Die karakter en getuienis van hulle kinders se lewens, jare ná 1757[4], en hulle nageslag tot op hede, is seker die sterkste aanduiding van Gaele Andriesz en Johanna se geestelike inslag.



[2]Om sig-sag te vaar.



[4]
Die sterfjaar van Johanna Weyers, Gaele Andriesz se vrou.


In ‘n terugskouing van 300 jaar is die erfenis van hom en sy vrou Johanna groots en kosbaar. Ná drie eeue inspireer hulle moed, deursettingsvermoë en durf steeds. Hulle nageslag salueer met dankbare erkentlikheid hulle vasbytvermoë. Hulle het voorwaar die storms van die lewe getrotseer, gedra deur die drie-enige God se hand van genade. In onsigbare letters staan daar oor hulle lewens geskrywe, ‘sola gratia’ - ’deur genade alleen'!



Ten slotte

Die uitdagings van die een-en-twintigste eeu in Suid-Afrika is groot en menigvuldig. Daar is diegene wat na die verlede kyk asof dit 'n goue tydperk is wat verbygegaan het. Die verhaal van Gaele Andriesz bevestig dat daar nie 'n goue eeu was nie. Inteendeel. Die eise wat aan die pioniers van die 1700s gestel is, was hoog, soms bomenslik. Dit het hulle nie in sak en as laat sit nie. Hulle het oorwin. Hulle inspireer ons om nie die teenwinde as 'n tragedie te sien en terug te deins nie, maar om gelowig vorentoe te beweeg met die wete dat die stormwinde wat by tye sterk waai, nie beteken dat ons ons lewe met selfbejammering in die hawe hoef te slyt nie. Dit daag ook vir ons uit om ons ‘skepe’ te laveer

[1] Om sig-sag te vaar.