Andries van der Walt

Nog ‘n Andries deel sy lewensgeskiedenis met ons....



In die lewens van families en in ons land se geskiedenis trap die ‘Andries’ van der Walts diep spore. Ons dank aan een van hulle, Andries van der Walt, van die Strand (Wes Kaap).

My Pa was die oudste van Ds JP van der Walt en Ouma  Miemie se sewe kinders. Sy Pa is dood toe hy tien jaar oud was.  Sen Jan de Klerk was sy wiskunde onderwyser op skool. Hy is in standerd nege uit die skool om op 18 by die Landbank te werk om sy Ma by te staan.  
MM vd WAlt gebore Henning 02

Na 24 jaar  in die Landbank het hy hom vir die Bank vererg (tipies Dopper), en bedank. Hy was altyd 'n geesdriftige amateur fotograaf en het sy pensioengeld gebruik om  'n fotografiese besigheid op Amanzimtoti in 1951 te koop. Hy was egter nie 'n sakeman nie, het bankrot gespeel en moes toe weer vir die staat gaan werk.



Vir sy 24 jaar ondervinding in die Bank het hulle hom een jaar erkenning gegee en op 44 jaar het hy weer vir 42 pond tien sjielings begin werk. Hy het 'n oorplasing van Durban af na Odendaalrus gekry in die Departement Handel en Nywerheid en is later na Pretoria verplaas waar hy en my Ma gebly het tot hulle dood.

Die jare na my Pa die besigheid verloor het was maer jare. Swaarkry jare. My Pa het nie geld gehad om my universiteit toe te stuur nie



Andries se verhaal:

Ek sou  onderwys gaan studeer het omdat die Onderwysdepartement destyds jou studies by die Universiteit betaal het as jy onderwys te studeer.  So het ek  op Potchefstroom aangeland waar my een oom, prof JS van der Merwe, professor in geologie en aardrykskunde was.

Andries op skool1

My pa se ander broer was 'n apteker op die dorp JP van der Walt Apteker. My oom by die universiteit het my omgepraat om biblioteekkunde te studeer en daarvoor


Reelings getref: studielenings, koshuisverblyf ensomeer, maar ek was maar 'n lui student en na my eerste jaar op die PUK het ek besluit dat ek het genoeg gehad van studeer.



Toe kry ek dit reg!

Daarna het ek twee jaar gaan werk om my studieskuld terug te betaal en toe land ek weer by die Onderwysdepartement . Ek het my tweede en derde jaar vir die graad BA met Geskiedenis en Sosiologie as hoofvakke op Pretoria klaar gemaak. Ek het twee vakke van my eerste jaar gesleep en moes in my derde jaar al vier vakke slaag om graad te vang en dit toe darem reggekry.



Die Departement van Inligting het my 'n werk aangebied as pers-skakelbeampte en dit was die einde van my onderwysplanne. Toe ek daar aanland sit hulle my agter een van die ou Imperial tikmasjiene en se "Nou is jy 'n joernalis". Ek het 'n jaar uitgehou en toe in 1965 'n aanstelling by die SAUK in Seepunt in Kaapstad gekry as joernalis waar ek tot in 1970 gewerk het. Toe hulle my Johannesburg toe wou stuur het ek bedank en 'n aanstelling by Die Burger van onder redaksie van die bekende mnr Piet Cillie. In 1974 is Beeld in Johannesburg geloods en hulle wou hê dat ek daarheen verhuis, waarvoor ek nie lus was nie en so was dit die einde van my dae by Die Burger.



Daarna het ek het vir vyf jaar in die advertensie en openbare skakelwerk gewerk tot die maatskappy my nie meer nodig gehad het nie. In 1977 was werk skaars in die Kaap en so beland ek in Johannesburg waar ek 'n aanstelling by dr Wimpie de Klerk as joernalis en later nuusredakteur gekry het.



In 1981 was dit tyd om dit rustiger te neem en meer aandag aan my vrou en dogtertjie te gee. Ek sluit toe by Total Suid-Afrika as korporatiewe kommunikasie bestuurder aan tot ek in Oktober 2000 op 60 aftree; op ‘n stadium kry ‘n mens genoeg van kantoorpolitiek, nie waar nie?

Blindes1

As onafhanklike praktisyn het ek daarna my eie kommunikasiebesigheid bedryf onder meer vir Total,  veral vir motorsport. Met die ekonomiese insinking in 2007 moes ek afskaal en sedertdien help ek 'n vriend op sy motorsport webwerf.



Uit weetgierigheid skryf ek in 1972 in vir UNISA se kommunikasie kursus vir nie graad doeleindes. Ek het prof Blignault die hoof van die departement gevra om die drie jaar kursus in een jaar te doen, maar die kurus was toe nog nie vir die derde jaar opgestel nie. Ek doen toe eers Kommunikasie 1 en die volgende jaar Kommunikasie 11 en 111 en kom dit nogal deur!



So was ek van 1960, met die uitsondering van die twee jaar, tot nou toe steeds in die kommunikasiebedryf op die een of ander manier.

Al tel my jare al teen my, moet ek bly werk om my pensioen aan te vul, want my vrou wil by die see wees en my dogter bly ook hier.  Soms dink ek dat my loopbaan op  my manier dieselfde paadjie as my Pa s'n gevolg het.

Andries1

Oupagrootjie

My  oupagrootjie was van Ladybrand waar my oupa Ds JP van der Walt en sy ses broers gebore is. Oupa JP het nog op Burgersdorp as predikant  studeer. Daar het hy Andries Gerhardus Henning se dogter, Maria Magdalena ontmoet. Na hulle troue het hulle na Potchefstroom verhuis waar hy na die oorlog sy studies voltooi het aan die teologiese skool wat intussen daarheen verskuif het.

Na sy studies is oupa  na die Gereformeerde Kerk Nylstroom beroep waar hy die hele Waterberg tot met sy dood aan kanker in Johannesburg in 1922 bedien het. Al sewe sy kinders, drie seuns en vier dogters, is op Nylstroom gebore. My Ouma het later Potchefstroom toe verhuis waar haar dogters studeer het. Ek en my broer en twee susters is op Potchefstroom gebore en my jongste suster in Durban. 

Meer besonderhede en foto's van oupagrootjie Tjaart van der Walt, my oupa JP van der walt en sy gesin en my Pa met sy gesin is in die 1989 eksemplaar van die Familieregister opgeneem. Die inskrywings van ons familie eindig by my in die register, maar ek het nie die genealogiese verwysings hier nie. 

Dit wil voorkom of die besonderhede van ons familie in die register feitlik volledig is, behalwe vir die feit dat my vrou op 26 Junie 1999 oorlede is, dat ek weer op 6 Augustus 2005 op my Ma se 88ste verjaardag hertrou het en dat my Ma op 14 Junie 2005 oorlede is.  

My oom, prof JS van der Merwe doen ook nog navorsing oor die van der Merwe familie. My Ma se ouers was Robert Alfred  en Johanna Kathleen Dann van Bloemfontein. Sy is voordat sy 'n jaar oud was wees gelaat saam met haar baba broer, Lester Dann. My ouma is in die groot griep oorlede en my oupa het nie van die WW1 oorlog teruggekom nie hoewel ek al vasgestel het dat hy nie dood is nie. 

Ek probeer inligting by die argiewe van die Anglikaanse kerk te kry, maar sover met min sukses. Ek is ook nou al te oud om elke dag Kaap toe  te ry om daar in die argiewe te gaan rondsoek.

Waar kom die naam ‘Andries’ vandaan?

Ek is na my oupagrootjie Andries Gerjardus Henning vernoem. Henning se broer, Joseph Jooste Henning is met sy hele gesin, behalwe twee seuns in 1905 na Argentienië. Van sy seuns het teruggekom. Die een was Pieter Henning die skrywer van die boek "'n Boer in Argentinië". Joseph Jooste het op sy plaas Morgenzon in die Cubut provinsie gewoon tot hy dit kort voor sy dood verkoop het.

Kort daarna is daar olie deur die Afrikaners ontdek. Dit is vandag 'n vooruitstrewende olie produserende deel van Argentinië. Ek korrespondeer daar met 'n Irma van der Walt; dit is haar nooiensvan. Ons soek nog inligting oor Tjaart van der Walt,  'n onderwyser wat daarheen uitgewyk het. Irma se Pa was 'n Peter van der Walt, maar sy weet nie veel meer oor hom nie. Ek het ook kontak gemaak met 'n broerskind, Hector Ellisondo.  

Die sanger Snotkop is ook 'n Henning van die Joseph Jooste kant af.

Groete en voorspoedwense, Andries


Toekennings en ander verwysings:
This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it." target="_blank">e-mail:This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.;
www.rallystar.net

Andries was diaken in Pretoria-Noord, Bellville en later in Kempton Park Mooifontein diaken, ouderling en skriba in die gereformeerde kerk.
omgewingsbewaring van die Trust vir Bedreigde
Diere, vir die bevordering van motorsport in Suid-Afrika, as posseelversamelaar
en 'n toekenning van die destydse Mediese vereniging van Suid-Afrika vir my
beriggewing as joernalis oor mediese aangeleenthede.


 
Hy ontvang kongrestoekennings van die Filatelie Federasie ( Hy was tyd lank op hulle
bestuurskomitee en het ook 'n paar jaar opgetree as redakteur van hulle lyfblad
The SA Philatelist) en het hulle "Skinner Cup" die tweede hoogste
toekenning wat hulle aan 'n lid van die Filatelie Federasie kan gee, van hulle
gekry.

Ook ontvang hy Cheetah toekenning van die Trust vir Bedreigde Diere en 'n toekenning van die destydse Mediese vereniging van Suid-Afrika vir sy beriggewing as joernalis oor mediese aangeleenthede.

Hy skryf saam met prof Carl van Wyk van Wits die program
van die opera "Fiela's Child" .

Laaste maar nie die minste nie ontvang hy die WWF se toekenning vir natuurbewaaring van Total Suid Afrika

Die Hertog van Edinburgh  het die toekenning aan hom oorhandig.

Prins1